ons storie
Lank lank gelede was Kyle maar net Danielle se boetie se vriend.
Vir 3 jaar lank het die twee mekaar net nou en dan by partytjies raak geloop, gewoonlik net ń hello en baai situasie.
Kyle was nogal skaam maar het na ń paar biere begin vlerk sleep by Danielle.
Ourjaarsaand 2022 was nie net ń nuwe jaar nie maar die begin van ons liefdesverhaal.
“Plot twist” Kyle was eintlik nog altyd mal oor Danielle, en sy oor hom.
Sedertdien lag ons saam, beleef ons avonture saam en stry soms oor wie se beurt is dit om koffie te maak.
Blykbaar hou die ou wat vir drie jaar skaars gepraat het nou nooit op nie, en Danielle kla glad nie.
2 Desember 2024 op ń del in die land van woestynsand en kamele het Kyle besluit nou of nooit.
Nou gaan hulle trou, dankbaar vir dieliefde en genade van God wat hulle saamgebring het!
As hulle storie iets toonbeeld is dit dat goeie dinge kom vir die wat wag, maar wonderlike dinge gebeur wanneer God se tyd perfek is!
Ons kan nie wag om saam julle te partytjie oor die goedheid van God en ons liefde vir mekaar!



